Abstract
Themeda triandra tillers were examined microscopically at one to two‐weekly intervals to determine where starch was deposited. Large numbers of starch grains were always present but the position of these deposits varied according to growth activity and flowering time of the plant. Starch deposits in the roots were usually within 14 cm of the root/shoot junction and tended to increase when soil moisture became limiting. Replenishment of the soil moisture store usually led to rapid disappearance of starch from most of the root zone and an equally rapid increase in starch deposits in the shoot. Periods during which starch deposits in the roots were minimal occurred in any month from November to April and varied in length from two to eleven weeks.
UITTREKSEL
Themeda triandra lote is een‐ tot tweeweekliks, mikroskopies ondersoek om die posisie van styselneerslae vas te stel. Daar is gevind dat alhoewel groot hoeveelhede styselkorrels altyd teenwoordig is, die posisie van hierdie neerslae in die plant varieer volgens groeiaktiwiteit en blomtyd. Styselneerslae in die wortels is gewoonlik binne 14 cm van die wortel/loot aansluiting. Wanneer grondvog beperkend word vermeerder hierdie neerslae. Aanvulling van die grondvogstoor lei gewoonlik tot vinnige verlies van stysel uit die wortels en ‘n ewe vinnige vermeerdering van stysel in die lote. Periodes van minimale stysel neerslae in die wortels het ter enige tyd tussen November en April voorgekom en dié periodes het tussen twee en elf weke geduur.