Abstract
Between 1967 and 1973 almost 300 legume introductions were screened in the nursery at Grasslands Research Station. The legumes were grown in unreplicated beds and their characteristics noted. Records included growth habit, vigour, nodulation, time of flowering, seed set, winter greenness and persistence.
Certain features of the legumes and their apparent pasture potential are tabulated. Possible criticisms of the procedure adopted are discussed and suggestions are made for further testing of the most promising strains.
Uittreksel
Gedurende die tydperk 1967 tot 1973 is bykans 300 peulgewas‐cultivars in die kwekery van die Navorsingstasie Grasslands aan keuring onderwerp. Die peulgewasse is in ongerepliseerde persele gekweek en hulle eienskappe, waaronder groeiwyse, groeikrag, knoppiesvorming, blomtyd, saad‐vorming, wintergroenigheid en lanklewendheid, is aangeteken.
Verskeie hoedanighede van hierdie peulgewasse en hulle waarskynlike potensiaal as weidingsgewasse word hier in tabelvorm aangebied. Moontlike besware teen die waardebepalingstegniek word bespreek en voorstelle word aangebied m.b.t. die verdere uittoets van die belowendste cultivars.