Abstract
Under continuous grazing animal performance on Coastcross II was superior to that on kikuyu at all levels of pasture availability. Superiority however depended on availability under rotational grazing. On Coastcross animal performance was better under continuous grazing than under rotational grazing at all levels of pasture availability but for kikuyu superiority again depended on the level of availability. Large seasonal changes in animal performance occurred for both species in a season in which good early rains were followed by a relatively dry autumn but little change occurred in a season of generally low rainfall.
Uittreksel
Onder ‘n stelsel van aanhoudende beweiding was die prestasie van die weidende dier op Coastcross II op alle peile van weidingsbeskikbaarheid beter as op kikoejoe. Met wisselweiding is beter prestasies op kikoejoe op die laer weidingsbeskikbaarheidspeile waargeneem as op Coastcross. Op Coastcross was die prestasie van die diere op alle peile van weidingsbeskikbaarheid beter tydens aanhoudende beweiding as met wisselweiding. In die geval van kikoejoe het beter groei afgehang van peil van beskikbaarheid. Groot seisoenale veranderinge in groei van die diere is waargeneem vir beide grasspesies gedurende ‘n seisoen waarin goeie, vroeë reens gevolg was deur ‘n relatiewe droë herfs. Geringe verskille het egter voorgekom gedurende n seisoen met ‘n algemene lae reenval.