Abstract
An analysis of covariance allows statistical comparison of derived data. However, it has not as yet been related to the Jones and Sandland (1974) model. In this paper the analysis of variance is therefore assessed in terms of relationships which are used in the Jones and Sandland model. If this method of analysis is used, four to six stocking rates are recommended in order to ensure that statistical significance is meaningful.
Uittreksel
Deur middel van ‘n analise van kovariansie kan afgeleide data statisties vergelyk word. So ‘n analise is egter nog nie met betrekking tot die Jones en Sandland (1974) model uitgevoer nie. In hierdie artikel is die waarde van die analise van kovariansie gevolglik aangeslaan in terme van verwantskappe wat in die genoemde modelgebruik is. Om te verseker dat statistiese verskille betekenisvol sal wees word daar by die gebruik van hierdie metode van ontleding aanbeveel dat vier tot ses verskillende veebeladings gebruik word.