Abstract
The impact of fertilization on veld in the Potchefstroom area was investigated. Nitrogen and phosphorus were applied annually from 1972/73 until 1981/82. The control plots and the fertilized plots were grazed with year‐old steers. Species composition and basal cover were recorded using the wheelpoint technique. The results clearly indicated the formation of a soil fertility gradient as a result of the fertilization. Although there was a decrease in the ecological status of the fertilized plots, the production and palatability of the sward increased and thus also animal performance.
Die invloed van bemesting op veld in die Potchefstroom‐omgewing is ondersoek. Stikstof en fosfor is jaarliks vanaf die 1972/73‐groeiseisoen tot en met die 1981/82‐groeiseisoen op die veld toegedien. Beide die bemeste en kontrole persele is deur ossies wat aan die begin van die proefperiode een jaar oud was, bewei. Die spesiesamestelling en basale bedekking van die veld is met behulp van die wielpuntapparaat bepaal. Die resultate van hierdie studie het duidelik aangetoon dat ‘n voedingstofstatusgradiënt ontstaan as gevolg van die bemestingsbehandeling. Hoewel die ekologiese status van die bemeste veld verlaag het, het die produksie en smaaklikheid van hierdie veld egter toegeneem en gevolglik ook diereprestasie.
Additional index words: