Abstract
'n Gekombineerde variansie-ontleding is uitgevoer op die saadopbrengste en proteïenpersentasies van die saad van 14 sojaboonkultivars wat op nege verskillende lokaliteite oor 3 jaar geëvalueer is. Variansiekomponente geassosieer met elke bron van variasie is beraam. Die verkreë resultate en implikasies daarvan word bespreek. Beramings van variansiekomponente is gebruik om die uitwerking van die getal lokaliteite, jare en herhalings op die verwagte variansie van 'n genotipiese gemiddelde te ondersoek.