Abstract
Die invloed van ouerkombinasie, tyd van bestuiwing en relatiewe humiditeit op kunsmatige bestuiwing by sojabone is ondersoek. Die persentasie sukses hou verband met die ouerkombinasie. Die beste tyd vir die maak van kunsmatige bestuiwings is klaarblyklik na 07h00. Die vroulike ouer moet gehou word tussen 80 en 95% relatiewe humiditeit tydens en na bestuiwings en die manlike ouers by 30–40% om geskikte stuifmeel te verkry.