Abstract
Die invloed van benfurakarb saadbehandeling op kieming by mieliesaad is onder gunstige en suboptimale temperatuur sowel as na opberging en in waterstrestoestande ondersoek. Konsentrasies van 1 350 en 1 800 g a.b. 100 kg−1 saadmassa en opberging na behandeling lei tot verlaging in kiemingspersentasie en kiemingstempo. Saad wat met 1 350 g a.b. 100 kg−1 saad en meer behandel is weerstaan opberging swakker as toedienings van 900 g a.b. 100 kg−1 saadmassa. Ongunstige kiemingstemperatuur (13°C) en waterstres lei tot verminderde verdraagsaamheid vir benfurakarb behandeling wat vererger word deur voorafopberging. Benfurakarb kan met relatiewe veiligheid teen 900 g a.b. 100 kg−1 saadmassa toegedien word.