204
Views
2
CrossRef citations to date
0
Altmetric
Original Articles

Evaluering van die effek van industriële uitvloeisels op grondbiodegradasie en ontkieming met behulp van mikrobiologiese aktiwiteitsbepalings en ontkiemingstudies

, , &
Pages 53-57 | Accepted 23 Aug 1992, Published online: 15 Jan 2013
 

Abstract

Die bydrae van grondmikro-organismes tot biologiese aktiwiteite in die grand is baie belangrik, veral met betrekking tot hul metaboliese aktiwiteite, asook hul rol in energievloei en voedingsiklusse van, bv. C, N, P, S, Fe, Mn, en Si. 'n Versteuring van mikrobe aktiwiteite in die grand, hetsy deur die toevoeging van toksiese stowwe tot die grand, droogte, versuipte toestande of temperatuuruiterstes, het verreikende gevolge op grondmikroörganisme aktiwiteite en ook indirek op grondvrugbaarheid. Twee mikrobiologiese toetse, nl. dehidrogenase-aktiwiteit en nitrifikasie is uitgevoer om die effek van drie industriële uitvloeisels op die mikrobiologiese aktiwiteite te bepaal. Hierdie twee mikrobiologiese toetse het betrekking op die koolstof en stikstofsiklusse in die grand, dws. 'n meer breë toets en 'n meer spesifieke toets. Wisselende reaksies is verkry afhangende van die samestelling van die uitvloeisels, maar oor die algemeen is 'n negatiewe effek op die mikrobiologiese aktiwiteite in die grand waargeneem. Droë plantsade kan uiterse kondisies oorleef. Indien water geabsorbeer word, ondergaan plantsade drastiese veranderinge en word baie sensitief vir stremmende omgewingsfaktore. Stremming wat voorkom gedurende wortelvorming sal 'n negatiewe effek hê op die verdere ontwikkeling van die plant. Ontkiemingstoetse is met drie industriële uitvloeisels uitgevoer om te bepaal in hoe 'n mate wortelverlenging deur die uitvloeisels onderdruk word. Die uitvloeisels is toegedien teen 0, 30, 60 en 100% van die oorspronklike konsentrasie. Al die uitvloeisels het 'n onderdrukkende effek op wortelverlenging gehad.

Reprints and Corporate Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

To request a reprint or corporate permissions for this article, please click on the relevant link below:

Academic Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

Obtain permissions instantly via Rightslink by clicking on the button below:

If you are unable to obtain permissions via Rightslink, please complete and submit this Permissions form. For more information, please visit our Permissions help page.