191
Views
41
CrossRef citations to date
0
Altmetric
Original Articles

Effek van bewerking op die organiese materiaalinhoud van geselekteerde droëlandgronde in Suid-Afrika

, , &
Pages 71-79 | Accepted 05 Aug 1993, Published online: 15 Jan 2013
 

Abstract

Die doel van die ondersoek was om (1) die effek van bewerking op die organiese materiaalinhoud van gronde te kwantifiseer indien onversteurde gronde as verwysing dien; (2) die verband tussen bewerkingstyd en die afname in organiese materiaal te kry en (3) vas te stel of die afname in organiese materiaalinhoud as gevolg van bewerking tussen ekotope verskil. Onversteurde en bewerkte bogronde (0–200 mm) is by 50 lokaliteite, wat verspreid in die somerreënvalgebied voorkom (24°–30°S; 24°–30°0), gemonster. Die lokaliteite in hierdie gebied is so geselekteer dat 'n wye reeks van klimaatstoestande, grondeienskappe en bewerkingstye verkry is. Bewerking het 'n betekenisvolle afname in grondorganiese materiaal by al die lokaliteite tot gevolg gehad. In die geval van organiese C het dit 10–75% en in die geval van totale N het dit 5–73% bedra. Verliese van organiese C was deurgaans groter as dié van totale N met die gevolg dat bewerkte gronde 'n effens laer C:N verhouding as onversteurde gronde het. Die tempo van organiese materiaalverlies was hoog gedurende die eerste vyf jaar van bewerking. Daarna het die tempo afgeneem totdat 'n ewewig na ongeveer 35 bewerkingsjare bereik is. Hierna het baie min of geen verlies voorgekom. Die ontbindingstempo van organiese materiaal weens bewerking is hoër in ekotope van die warm droër as in ekotope van die koeler natter gebiede, maar die persentasie van organiese materiaal wat verlore gaan is groter in laasgenoemde gebiede.

Reprints and Corporate Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

To request a reprint or corporate permissions for this article, please click on the relevant link below:

Academic Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

Obtain permissions instantly via Rightslink by clicking on the button below:

If you are unable to obtain permissions via Rightslink, please complete and submit this Permissions form. For more information, please visit our Permissions help page.