81
Views
0
CrossRef citations to date
0
Altmetric
Short Communications/Kort Mededelings

Die fitotoksiese eienskappe van koring-strooi en die invloed daarvan op opkoms, vegetatiewe groei en opbrengs van koring (Triticum aestivum)

&
Pages 110-116 | Accepted 02 Aug 1993, Published online: 15 Jan 2013
 

Abstract

Die vrystelling van allelopatiese stowwe as ontbindingspro- dukte van koringstrooi kan swak plantegroei en opbrengs van koring veroorsaak. 'n Glashuisstudie is oor drie jaar uitgevoer om die opkoms, vegetatiewe groei en opbrengs van koring (kultivar SST66 en Palmiet) te ondersoek in die teenwoordig-heid van gesteriliseerde en ongesteriliseerde koringstrooi (kultivar Palmiet) in 'n sand en 'n 2: 1 sand: grond mengsel. Die effek van strooiplasing, saaidiepte, strooimassa en graad van strooiverrotting is ondersoek. Die gesteriliseerde strooi het geen groei- of opbrengskomponent beduidend bei'nvloed nie. Die plasing van die saad ten opsigte van die strooi het wel die persentasie opkoms beïnvloed. Ongeag die plasing van ongesteriliseerde strooi (bo-op of gemeng met die medium) het 'n hoë strooimassa 'n swakker opkoms getoon en groei vertraag in vergelyking met 'n laer strooimassa m−2. Groeiveranderlikes soos wortel-, stam- en blaarmassa, blaar- getal, blaaroppervlakte en aantal halms is beduidend benadeel in vergelyking met die kontrole (geen strooi), veral waar 'n hoë massa strooi vermeng was met die medium en die saad diep geplaas is. Siegs een opbrengskomponent, naamlik massa per korrel, was nadelig be'invloed. Die resultate het getoon dat strooi bo-op die medium die minste nadelig was vir opkoms, groei en opbrengs, terwyl 'n toename in strooimassa en saaidiepte nadelig was.

Reprints and Corporate Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

To request a reprint or corporate permissions for this article, please click on the relevant link below:

Academic Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

Obtain permissions instantly via Rightslink by clicking on the button below:

If you are unable to obtain permissions via Rightslink, please complete and submit this Permissions form. For more information, please visit our Permissions help page.