Abstract
Two Southern Bantu languages, namely, Tswana and Xhosa, have been selected as being representative of Zone S. Various aspects, including phonological, morphophonological, morphological and lexical have been considered. Taking Guthrie's classification, topogram and comparative series into account, it has been deduced that, while it can safely be established that Southern Bantu can be directly related to the Eastern Branch of Proto Bantu, it nevertheless also has correspondences with the Western Branch. One of the major differences between Xhosa and Tswana is the vowel system, with the five vowel system of Xhosa being more typical of the Eastern Branch and the seven vowel system of Tswana being more typically Western. Nevertheless, it is postulated that both groups are descended from two closely related dialects of Eastern Bantu and moved southwards in two streams corresponding with Huffmann's Moloko (Sotho) and Blackburn (Nguni) migrations.
Die Suidelike Bantoetale, naamlik Tswana en Xhosa, is as verteenwoordigers van hierdie sone gekies en aandag is aan verskillende aspekte gegee wat fonologiese, morfofonologiese, morfologiese en leksikale kenmerke insluit. Indien Guthrie se klassifikasie, topogramme en vergelykende reekse in aanmerking geneem word, is afgelei dat, nieteenstaande Suidelike Bantoe direk verwant is aan die Oostelike Tak van Proto-Bantoe, dit tog ooreenkomste met die Westelike Tak toon. Een van die belangrikste verskille tussen Xhosa en Tswana is die vokaalsisteem waar die vyf vokale van Xhosa meer tipies is van die oostelike en die sewevokaalsisteem van Tswana kenmerkender is van die Westelike tale. Daar word egter tog gepostuleer dat beide groepe herlei kan word na twee naverwante dialekte van Oostelike Bantoe wat suidwaarts beweeg het in twee afsonderlike strome wat ooreenkom met Huffman se Moloko- (Sotho) en Blackburn- (Nguni) migrasie.