Abstract
The aim of this article is to determine the hierarchical arrangement of the essential verb categories mood, tense, time and actuality. The mutual dependency of these verbal categories is determined. The subcategories found in each of these major categories are investigated in order to establish their mutual exclusiveness. Apart from the realization of these categories in the main verb, their realization in the copulative verb is also determined. The copulative verb has a further essential category, namely implication which realizes as a binary opposition inchoative versus non-inchoative. It is imperative to establish the mutual dependency and hierarchy of the essential verb categories for an exhaustive discussion of the verb, an area which has hitherto been sadly neglected.
Die doel van hierdie artikel is om die hiërargiese ordening van die hoofdelike kategorieë van die werkwoord modus, tyd, tempus en aktualiteit te bepaal. Die onderlinge samehang van hierdie noodsaaklike kategorieë word ook vasgestel. Die subkategorieë wat in elk van hierdie hoofdelike kategorieë aangetref word, word ondersoek om te bepaal tot watter mate hulle onderling uitsluitend is. Benewens die realisering van hierdie kategorieë in die hoof/selfstandige werkwoord, word hul realisering in die kopulatiewe werkwoord nagevors. Die kopulatiewe werkwoord het 'n verdere hoofdelike kategorie te wete implikasie wat by wyse van 'n binêre opposisie inchoatief versus non-inchoatief vergestalting vind. Dit is noodsaaklik om die onderlinge samehang en hiërargiese ordening van die werkwoordkategorieë en subkategorieë (wat tot nou toe totaal agterweë gelaat is) vas te stel, ten einde 'n volledige analise en beskrywing van die werkwoord te gee.