OPSOMMING
Politieke wysbegeerte, soos Cassandra, gaan onder die vloek van Apollo gebuk. Omdat ‘sy’ haar durf verset teen die onreg wat mens teenoor mens bedryf, word ‘haar’ waarhede, juis deur diegene wat die teiken daarvan is, misken. Marxisme is ‘n kentipiese voorbeeld. Die waarhede in Niebuhr se “Moral Man and Immoral Society” word op soortgelyke wyse bedreig deur emosionele ongeldigkeidsverklaring deur juis diegene wat die skyf vorm vir sy kritiek. Die model is ‘n poging om daardie waarhede vir nadere inspeksie uit te lig.
Modelbou was en is ‘n populêre tydverdryf en soos wat ‘doen‐dit‐jouself kunstenaars die gevaar van selfbesering onkundig trompop loop, is die moontlikheid van epistemologiese verminking ewegroot. Daarom word Gregorse bloudruk eers ‘n slag weer goed deurgekyk.
Die model wat gebruik word, word uit die wiskunde ontleen. Dit maak daarvoor voorsiening om van die verskynsel politieke verandering rekenskap te gee teen die agtergrond van ander verwante veranderlikes nl., die verdeUng van mag en die toewysing van voorregte. Voorregte van die lede van die gemeenskap wat deur die magsverdeling geraak word. Sleutelbegrippe word aan die hand van Nie buhr gedefineer.
Uiteindelik blyk dit asof die mens se natuurlike neiging is om, t.o.v. magsverdeling, soveel moontlik mag in te palm en dit het katastrofiese gevolge. Hierin lê die dilemma vir die wysgeer in die algemeen en Niebuhr in besonder, dit lyk asof dié uitemde juis die enigste uitweg is wat oorgebly het, en waarmee sosiale onreg die hoof gebied kan word. Van die mvloed van kollektiewe moraliteit, die mens se insig in die onreg wat hy ander aandoen in sy gejaag na eie gewin, hom net mooiniks!