UITTREKSEL
In die ahvesigheid van 'n doeltreffende landboustabilisasiebeleid het die landbou voortdurend met risiko's te kampe. Die waarskynlikheid dat opbrengsverwagtings nie in die mark sal realiseer nie, is groot. Die landbou se risikoprobleem het die aandag van baie landbouekonome geniet, wat 'n verskeidenheid indrukwekkende modelle van besluitneming onderhewig am risiko gepubliseer het. Elkeen het in 'n sekere sin probeer om onsekerheid op te hef. In ooreenstemming met Knight se vermaning poog ek om in die referaat risiko's te identifmer in m e alternatiewe landbou scenario's: onder 'n voortgesettc landboustabilisasiebeleid en daarsonder, met 'n sterker markoritntasie by landbou.