UITTIREKSEL
In hierdie referaat word aandag gegee aan die bronne van risiko en onsekerheid in die landbou, sowel as moontlike optredes wat hieruit voortspruit om dit te verminder. Dit word pvolg deur 'n kort oorsig oor modelle wat algemeen gebruik word om risiko en onsekerheid te kwantifiseer en in ag te neem in boerderybesluitneming. Enkele toepasings en resultate in die Suider-Afrikaanse konteks word ook toegelig. Ten slotte word na die risiko en prys van verkeerde besluite, gegrond op gemodelleerde resultate, verwys. Die noodsaaklikheid van waardebesluite deur ekonome in veral die Suid-Afrikaanse ekonomies-politiese milieu word ook beklemtoon.