Abstract
The Act on Subdivision of Agricultural Land (Act 70 of 1970) prohibits the subdivision of agricultural land in South Africa's commercial areas into “uneconomic” units. In a new dispensation optimal, rather than minimum farm sizes should be pursued. The optimal farm size is theoretically not the same for any two farmers. The better manager will have the larger farm over the long run. The above principle was empirically tested in the Vaalharts Irrigation area by means of cross sectional regression equations with gross income as dependent variable. The result confirms the following: i) If management is ignored, constant returns to size is encountered; and ii) when managerial quality is however included in the model as independent variable, increasing returns to scale is found. This result thus supports the theory and a general conclusion is that optimal farm size is a function of management.
Uittreksel
Die Wet op Onderverdeling van Landbougrond (Wet 70 van 1970) voorkorn die onderverdeling van landbougrond in die kommersiële gebiede van Suid-Afrika in “onekonomiese” eenhede. In 'n nuwe bestel behoort optimale bedrytsgrooues eerder as minimum plaasgroottes nagestreef te word. Teoreties gesproke is die optimale plaasgrootte nie dieselfde vir enige twee bestuurders nie. Die beter bestuurder sal oor die langtermyn die groter plaasbesigheid besit. In die Vaalharts besproeiingsgebied word bogenoemde beginsel empiries getoets deur middel van dwarssnit regressievergelykings met bruto inkomste as afhanklike veranderiike. Die resultaat bevestig die volgende: i) Indien bestuur geïgnoreer word is konstante bedryfsgrootte opbrengs gevind; en ii) as bestuursgehalte egter as onafhanklike veranderlike in die model ingesluit word, word stygende bedryfsgrootte opbrengs waargeneem. IIierdie resultaat onderskryf dus die teorie en 'n algemene gevolgtrekking is dat optimale plaasgrootte 'n funksie van bestuur is.