Abstract
Fourteen typical crop rotation systems were evaluated over a period of 10 years. The irrigation systems were used to irrigate 60 ha of sandy soils. Various degrees of double cropping were considered. A procedure was followed to generate distributions of prices for the relevant crops. The crop yield distributions were generated by the PUTU-simulation model. The annual after-tax cash now was calculated for the different crop rotation systems for each year of the ten year period for two static pumping heights and three different equity ratios. The results indicate that all crop rotation systems are infeasible for a 30/70 equity ratio for positive pumping heights. For a 80/20 equity ratio 14 crop rotation systems are feasible.
Samevatting
Veertien tipiese gewaswisselboustelsels is oor 'n periode van 10 jaar ekonomies geëvalueer. Die gewaswisselboustelsels sluit koring, laatmielies, droëbone, lusern, sojabone, katoen en grondbone in en maak voorsiening vir verskillende persentasies van grondbenutting. 'n Prosedure is ontwikkel om prysverdelings vir die tersaaklike gewasse te genereer. Die gewasopbrengsverdelings is met behulp van die PUTU-simulasiemodel met 11 jaar se weerdata gegenereer. Twee 60-hektaar spilpuntstelsels op sandgrond is in die ontleding gebruik. Die jaarlikse nabelasting kontantvloei is vir die 14 wisselboustelsels vir twee statiese pomphoogtes en drie skuld/bate-verhoudings oor 'n periode van 10 jaar beraam. Slegs twee gewaswisselboustelsels is uitvoerbaar vir boere met 'n 70 persent skuld/bate-verhouding. Indien die skuld/bate-verhouding na 50 persent verbeter, is 'n verdere vier wisseiboustelsels uitvoerbaar. Al die stelsels is finansieel uitvoerbaar indien die skuld/bate-verhouding 20 persent is.