Abstract
A general equilibrium simultaneous equation model is constructed to analyse the impacts of monetary policy on the maize and beef sectors of South Africa. The model is estimated by three-stage least squares and used to simulate the dynamic impacts of an expansionary monetary policy (15 percent increase in money supply) from 1975 to 1987. In the short run, this causes real interest rates to fall, real income to rise, exchange rate to depreciate and prices to rise. Rising real incomes cause beef demand to increase and human maize consumption to fall. Depreciation of the exchange rate and higher domestic inflation raise real input prices. This impacts negatively on maize and beef supply. Higher beef prices encourage beef production, which causes animal maize demand to increase. Lower real interest rates impact positively on maize supply, negatively on beef supply, and stimulate real agricultural investment. The net effect is a decline in real gross farm income in the maize and beef sectors of South Africa.
Uittreksel
'n Algemene ewewig gelyktydige-vergelykingsmodel word opgestel om die impak van monetêre beleid op die mielie- en beesvleissektore van Suid-Afrika te ontleed. Die model word geraam volgens driestadium kleinste kwadrate en word gebruik om die dinamiese impak van 'n ekspansionistiese monetêre beleid (15 persent toename in geldvoorraad) vanaf 1975 tot 1987 te simuleer. Oor die korttermyn veroorsaak dit dat reële rentekoerse daal, reële inkomste styg, die wisselkoers depresieer, en pryse styg. Stygende reële inkomste veroorsaak dat die vraag na beesvleis toeneem en menslike mielieverbruik afneem. Depresiasie van die wisselkoers en hoër binnelandse inflasie laat reële insetpryse styg. Dit het 'n negatiewe impak op mielie- en beesvleisaanbod. Hoër beesvleispryse bevorder beesproduksie, wat veroorsaak dat die vraag na mielies vir diereverbruik styg. Laer reële rentekoerse het 'n positiewe impak op mielieaanbod, 'n negatiewe impak op beesvleisaanbod en dit stimuleer reële landboubelegging. Die netto effek is 'n afname in reële bruto plaasinkomste in die mielie- en beesvleissektore van Suid-Afrika.