Abstract
Cumulative probability distributions (CPDs) of a few financial criteria were generated with the aid of the FARMS model and used to evaluate diversification as a method of risk management by Winterton farmers. Given the management abilities of the farmer, the efficiency of risk management is influenced by the composition of farming enterprises, the interaction between the enterprises and the debt-burden situation. The use of CPDs serves to portray the uncertainty and nature of the outcome as well as the financial implications of the inclusion of alternative enterprises clearly. Since the decision maker is familiar with the total width of outcome of the financial criteria, the probability of a specific required outcome level being realised can be determined. In addition the model can be used to evaluate cash and credit flow interactively in the decision-making process. With the assistence of the model and the use of the method of approach different management strategies can be evaluated at farming level.
Kumulatiewe waarskynlikheidsverdelings (KWV's) van enkele finansiële maatstawwe is met behulp van die FARMS-model gegenereer en gebruik om diversifikasie as risikobestuurswyse deur die Winterton boere te evalueer. Gegewe die bestuursvermoë van die boer word die doeltreffendheid van risikobestuur deur die boerderyvertakkingsamestelling, die interaksie tussen die vertakkings en die skuldlasposisie beïnvloed. Met KWV's word die wisselvalligheid en aard van die uitkomste sowel as die finansiële implikasies van die inskakeling van alternatiewe vertakkings duidelik uitgebeeld. Aangesien die totale uitkomswydte van die finansiële maatstawwe vir die besluitnemer bekend is, kan die waarskynlikheid om 'n sekere vereiste uitkomsvlak te realiseer, bepaal word. Verder kan die model gebruik word om stogastiese kredieten kontantvloei in die besluitnemingsproses interaktief met mekaar te evalueer. Met behulp van die model en die benaderingswyse kan verskillende bestuurstrategieë op boerderyondernemingsvlak werklikheidsgetrou geëvalueer word.