Abstract
The farm sector of the Western Cape is modelled u sing a sector mathematical programming model to determine the effect of different water policies on output, prices, welfare and employment. Two scenarios are analysed, namely the effect of a restriction of water available for irrigation, and an increase in water tariffs. Results show a relative shift away from (intensive) irrigated production, and a decrease in producer welfare, especially for irrigation farmers, under both scenarios. When water availability is decreased, the negative effect falls disproportionately on the poor as employment decreases. In the long run the negative effects are severe, as there is a relative shift out of industries where the Western Cape has a competitive advantage.
Die plaassektor van die Wes-Kaap is gemodelleer met die gebruik van 'n wiskundige programmeringsmodel teneinde die effek van verskillende waterbeleide op produksie, welvaart en indiensneming te bepaal. Twee scenarios word ntleed, naamlik die effek van 'n beperking op die water beskikbaar vir besproeiing en 'n verhoging van watertariewe. Die resultate toon 'n beweging weg van (intensiewe) besproeide produksie en 'n afname in produsentewelvaart, veral vir besproeiingsboere, onder beide scenarios. Wanneer waterbeskikbaarheid verminder word tref die negatiewe effekte veral die armes met 'n afname in indiensname. Oor die langtermyn is die effekte ernstig aangesien daar 'n relatiewe verskuiwing is weg van bedrywe waarin die Wes-Kaap 'n mededingende voordeel het.