Abstract
The necessary data on agriculture must be available for public and private decision-makers in the agricultural sector to use agricultural information for decision-making, solve problems or increase their knowledge. As a result of the deregulation of the agricultural marketing sector in South Africa, the supply of these data decreased. Also, the needs for data on agriculture of the various decision-makers, i.e. the policy-makers, researchers, agricultural service industries as well as the farmers and extension officers, changed. Since information systems are based on the needs of the decision-makers, the need for data on agriculture should be determined before either existing methodologies are improved or new methodologies are introduced to increase the supply of data on agriculture in South Africa.
Die nodige data oor die landbou moet beskikbaar wees vir openbare en privaat besluitnemers in die landbousektor om landbou-inligting te gebruik vir besluitvorming, probleme op te los en hul kennis te vermeerder. Weens die deregulering van die landboubemarkingsektor in Suid-Afrika het die beskikbaarheid van die data afgeneem. Hierbenewens het die behoeftes aan landbou data van die verskillende besluitnemers d.i. die beleidsmakers, navorsers, landboudiensbedrywe sowel as die van boere en voorligters verander. Aangesien inligtingsisteme op die behoeftes van besluitnemers gebaseer word, behoort die behoeftes aan data oor die landbou bepaal word voordat bestaande metodologieë verbeter, of nuwe tegnologieë ingebruik geneem word ten einde die aanbod van data oor die landbou in Suid-Afrika te verhoog.