Abstract
Insigte uit die narratologie kan sinvol geïntegreer word by tweedetaal-aanleerteorie en opvoedkundige sielkunde om sodoende 'n bruik-bare meganisme daar te stel vir die verklaring en fasilitering van tweedetaal-klaskamerinteraksie. Alhoewel die narratologie tradisioneel gereserveer is vir die verklaring van die leser se omgang met narratiewe tekste, kan 'n heromskrywing van laasgenoemde konsep daartoe lei dat narratologie ook gebruik kan word om tweedetaal-produksie te verklaar en te fasiliteer.
Insights gathered from the field of narratology can be fruitfully integrated with second language acquisition theories and educational psychology to provide a useful mechanism for explaining and facilitating second language classroom interaction. Although traditionally reserved for explaining the reader's interaction with narrative texts, a broadening of the concept narrative text could result in narratology also being used to explain and facilitate second language production.