Abstract
Hierdie artikel beskryf 'n vertakkingsmodel wat ontwikkel is om die interaksie wat in 'n tersiêre onderrigmilieu in klein groepies plaasvind, te beskryf. Gebaseer op werk in verband met Gespreksanalise, stel die model 'n aantal regverdigings vir die geldigheid van uitings in terme van hulle posisie op die gespreksvloer. Voorbeelde van die klassifikasies wat in die model voorgestel word, is deel van 'n meer omvattende studie na die interaksiepatrone in lesings aan 'n Oos-Kaapse universiteit. Daar word geargumenteer, dat hoewel die model met die oog op 'n spesifieke konteks ontwikkel is, dit aangepas kan word om in 'n verskeidenheid kontekste gebruik te word.
This article describes a branching model developed for the analysis of interaction in small teaching groups in a tertiary setting. Based within Conversation Analysis, the model constitutes a set of justifications for the validity of utterances in terms of their place on the conversational floor. Examples of the classifications included in the model are provided from a broader study of interaction in tutorials at an Eastern Cape university. It is suggested that while the model was developed for a specific context, it could be adapted for use in a variety of contexts.