Abstract
In hierdie artikel word gefokus op die verband tussen twee konstruksies wat op die oog af identies struktureer—konstruksies waarvan die naamwoord in die onderwerpsposisie nie die agent is nie, maar die tema van die werkwoord: Die ys smelt (1)/Die skoene dra lekker (2). Daar word 'n definitiewe onderskeid gemaak tussen ergatiewe (1) en mediale (2) konstruksies. Die aanname geld dat mediale konstruksies in die sintaksis afgelei word, terwyl ergatiewe konstruksies in die leksikon afleibaar is. Dus, mediale alternante word gegenereer deur 'n sintaktiese reël Skuif X en is daarom” transitief in die leksikon. Ergatiewe alternante word gegenereer deur 'n leksikale reël Skuif X en het daarom beide 'n transitiewe én intransitiewe vorm in die leksikon.
This article focusses on the relationship between two constructions of similar structure—constructions of which the noun in the subject position does not feature as the agent, but as the theme of the verb: Die ys smelt (1)/Die skoene dra lekker (2). A clear distinction is made between ergative (1) and middle (2) constructions. The hypothesis is that middles are derived in the syntax; ergatives in the lexicon. Thus, middle pairs are generated by a syntactic rule of Move X and are therefore transitive while in the lexicon. Ergative pairs are generated by a lexical rule of Move X and therefore have both a transitive and an intransitive form in the lexicon.