192
Views
0
CrossRef citations to date
0
Altmetric
Original Articles

Die gebruik van groeireguleerders om die blomperiode van katoen te wysig

&
Pages 134-138 | Accepted 26 Jan 1994, Published online: 15 Jan 2013
 

Abstract

Katoengebiede in Suid-Afrika, hoër as 950 m bo seevlak, het 'n kort groeiseisoen indien laat in November geplant word. Die bydrae van groeireguleerders en verbouings praktyke om rypwording van laat geplante katoen te verhaas en die uitwerking daarvan op veselgehalte, is ondersoek. Die kultivars Acala 1517-70 en Letaba is teen einde van November geplant in 750-mm rywydtes om vroeë rypwording te bevorder. Die blomperiode is teen die begin Maart, middel Maart, of begin April beëindig deur 'n hoë dosis mepikwatchloried (25 g a.b. ha−1) met of sonder etefon (960 g a.b. ha−1) te spuit. Beëindiging van die blomperiode vroeg Maart met mepikwatchloried, het nie rypwording, of totale saadkatoenopbrengs in vergeleke met die onbehandelde kontrole verander nie. 'n Goeie opbrengs van 4262 kg ha−1 is behaal. Vroeë beëindiging van die blomperiode het growwer en sterker vesels as die kontrole veroorsaak. Waar etefon saam met mepikwatchloried gedurende Maart toegedien is, het die opbrengs van beide kultivars betekenisvol verminder, maar breeksterkte van die vesel het verbeten Mepikwatchloried kan gebruik word om blomknopvorming by laat katoen teen middel van Maart te beëindig en daardeur beter veselgehalte te verkry. Etefon moet eers teen begin April toegedien word om opbrengsverliese te voorkom.

Reprints and Corporate Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

To request a reprint or corporate permissions for this article, please click on the relevant link below:

Academic Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

Obtain permissions instantly via Rightslink by clicking on the button below:

If you are unable to obtain permissions via Rightslink, please complete and submit this Permissions form. For more information, please visit our Permissions help page.