130
Views
2
CrossRef citations to date
0
Altmetric
Original Articles

Kwantifisering van die opname van atmosferiese en grond-N deur sojabone [Glycine max (L.) Merrill] uit 15 N-verrykte grond

, , &
Pages 139-146 | Accepted 12 Aug 1996, Published online: 15 Jan 2013
 

Abstract

Die doel met hierdie ondersoek was om die atmosferiese en grondstikstofopname deur die groeiseisoen van sojabone vas te stei, te bepaal in watter plantdele die N afkomstig van die twee bronne versamel, of dit later na die saad getranslokeer word en of 'n nie-nodulerende kultivar as verwysingsplant gebruik kan word om met vertroue die atmosferiese N-binding te bepaal. 'n Potproef met drie nodulerende en een nie-nodulerende sojaboonkultivar is uitgevoer. Die grond-N is vooraf met 15N verryk en gestabiliseer. Plante is op vol-blom, peulvorming, peulvul en met oesrypheid gemonsteren vir totale N en 15N ontleed. Gedurende die eerste 5–6 weke na opkoms is die beskikbare grond-N vir vegetatiewe groei benut. Na nodulering en gedurende die reproduserende fase het biologiese N-binding versnel om 'n piek 10 weke na opkoms te bereik. Met peulvul het die biologiese N-binding afgeneem om teen 'n lae, konstante tempo atmosferiese N te bind. Die opname van grond-N is in hierdie stadium minimaal en N is uit die vegetatiewe dele na die peule en saad getranslokeer. Ongeveer twee-derdes van die N in die plante en sowat 80% in die peule en sade is van atmosferiese oorsprong. In vergelyking met die 15N-isotooptegniek, het die konvensionele metode N-binding onderskat.

Reprints and Corporate Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

To request a reprint or corporate permissions for this article, please click on the relevant link below:

Academic Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

Obtain permissions instantly via Rightslink by clicking on the button below:

If you are unable to obtain permissions via Rightslink, please complete and submit this Permissions form. For more information, please visit our Permissions help page.