73
Views
3
CrossRef citations to date
0
Altmetric
Original Articles

Invloed van 15NH4-N wat op vier groeistadia teen vier peile toegedien is, op di N-samestelling en opbrengs van sojabone [Glycine max (L.) Merrill]

, &
Pages 31-37 | Accepted 03 Jul 1996, Published online: 15 Jan 2013
 

Abstract

'n Potproef is onder temperatuur-gekontroleerde toestande in 'n glashuis onderneem met 'n fynsandgrond wat aanvanklik vry van rhizobium bakterieë was. Glycine max (L.) Merrill (kultivar Prima) is met 'n mengsel van twee bekende rasse van Bradyrhizobium japonicum gei'nokuleer. Die invloed van vier peile (0, 10, 20 en 40 kg N ha −1) gemerkte 15NH4-N wat gedurende vier groeistadia (V1, R2, R4 en R5) toegedien is op die opbrengs en N- samestelling van sojaboonsaad is ondersoek. Die aantal peule, sade en biomassa van die plantdele is bepaal. Stikstoffraksies wat in die bogrondse plantdele en saad uit die grond en kunsmis benut en simbioties gebind is, is met die isotooptegniek bepaal. Die aantal peule, sade, blaar- en saadmassa, totale N en proteïenproduksie is met N-bemesting in die V1-groeistadium, verhoog. Stikstof wat in die R2-groeistadium toegedien is het min effek op saad-opbrengs en proteïengehalte. Toediening van N gedurende die R4-groeistadium, wanneer atmos- feriese N aktief gebind word, het saadopbrengs, biologiese N-binding, grond-N-opname en proteïenproduksie onderdruk. Die saadmassa en proteïenproduksie is met N-toedienings in die R5-groeistadium ook verhoog. Hoër N-peile, toegedien in die V1- en R5-groeistadia, het blaar-, saad- en totale bogrondmassa laat toeneem. Ongeag die N-peil, het latere toedienings die misstofgebruikseffektiwiteit in die saad verbeter.

Reprints and Corporate Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

To request a reprint or corporate permissions for this article, please click on the relevant link below:

Academic Permissions

Please note: Selecting permissions does not provide access to the full text of the article, please see our help page How do I view content?

Obtain permissions instantly via Rightslink by clicking on the button below:

If you are unable to obtain permissions via Rightslink, please complete and submit this Permissions form. For more information, please visit our Permissions help page.