Abstract
South Africa needs both rapid economic growth and improved equitibility. Gross interference in economic and political life has engendered discrimination, inequity, misallocation of resources and sluggish growth. World megatrends and characteristics of winner nations suggest large changes in marketing and trade policies. Market failures render government involvement attractive when viewed on isolation, but government and bureaucratic failures are often even more serious. Future policy must be directed at the interrelated goals of individual freedom, economic efficiency, equitibility and adjustment to economic change. Centrally directed systems have been unable to achieve this. A market-related approach is needed with an outwardlooking emphasis.
Samevatting
Suid-Afrika het beide snelle ekonomiese groei en verbeterde hillikheid nodig. Groot inmenging in die ekonomiese en politieke lewe het diskriminasie, onbillikheid, wanallokasie van bronne en trae groei meegebring. Wêreldwye megatendense en die eienskappe van wennernasies suggesteer dat groot veranderings in bemarkings- en handelsbeleide moet plaasvind. Markmislukkings maak regeringsinmenging aantreklik wanneer dit geïsoleerd beskou word, maar regerings- en burokratiese mislukkings is dikwels ernstiger. Toekomstige beleid moet op die interverwante doelwitte van individuele vryheid, ekonomiese doeltreffendheid, billikheid en aanpassing by ekonomiese verandering toegespits word. Sentraalgeleide sisteme was nie in staat om dit te bereik nie. 'n Markverwante benadering met 'n uitwaartse nadruk is nodig.