Abstract
Die hoofdoel van hierdie artikel is om 'n oorsig te bied van die werk wat al gedoen is oor teks/diskoers in Suid-Afrika ten einde te probeer bepaal wat is die tendense en teikenareas wat uit hierdie navorsing na vore kom. Uit die beskikbare data is dit duidelik dat teks-/diskoersstudie nog heelwat te ontwikkel het voordat dit aanspraak kan maak om as 'n onafhanklike vakgebied erken te word. Verskeie tekstuele aspekte is al reeds verken in navorsing, maar dit blyk dat daar nog talle gapings is. 'n Mens moet egter nie te negatief wees oor die navorsingsuitset in hierdie verband nie aangesien daar positiewe aanduidings is dat meer navorsers betrokke begin raak by hierdie terrein.
The main aim of this article is to present an overview of work done on text/discourse in South Africa in order to establish the trends and target areas of research done in this field in this country. It is evident from the available data that the study of text/discourse still has a long way to go towards maturity and being recognized as an independent discipline. Some aspects of textual research have been explored in a useful way but it seems there are many gaps in the total output. However, one should not be too negative about the research output in this regard as there are positive signs of more researchers getting involved in this field.