Abstract
Suid-Afrika het onlangs 'n nuwe taalbeleid verklaar waarin gelykwaardige status aan elf tale toegesê is; daar is egter bewyse dat 'n merkbare verskuiwing in taaltrou ten gunste van Engels besig is om in Suid-Afrika plaas te vind. Hierdie artikel is in wese 'n kwalitatiewe gevallestudie wat oor 'n periode van een jaar strek waarin die ervarings van 'n tienjarige blanke seun wat van 'n Afrikaansmedium-skool na 'n Engelsmedium-privaatskool verskuif is, beskryf word. Dit blyk dat 'n verskuiwing van dominansie in Afrikaans na dominansie in Engels spoedig by die informant plaasgevind het en dat dit gepaardgegaan het met 'n verandering in sy taalhoudings. Uit die ondersoek blyk dit dat daar 'n dringende behoefte bestaan aan die moniteer van die verskuiwing van taaltrou in Suid-Afrika.
South Africa has recently declared a new language policy in which all its eleven languages have been given equal status; however, there is evidence of a steady shift in language allegiance in favour of English. This article is essentially a case history which reports on a qualitative longitudinal study over one year of the experiences of a 10-year old white Afrikaans-speaking boy who was moved from an Afrikaans-medium school to an English-medium private school. Data provides evidence of a rapid shift from dominance in Afrikaans to dominance in English in the informant, and a concomitant change in his language attitudes. The study points to an urgent need to monitor shifts in language allegiance in South Africa.