Abstract
Written poetry in Southern Sotho is just over 150 years old, and it is generally agreed that the interaction between the oral and the written traditions has been considerable. A complicating factor appears to be not only the extent of the interaction but also the exact properties of the new literary system. Although they are influenced by foreign, mainly western, written traditions, there are firm indicators that characteristics and attitudes of the oral system persist. The historical progress of the communication between the two systems over one century, which has taken place in a multifaceted interface, is addressed.
Die geskrewe poësie in Suid-Sotho is net oor die 150 jaar oud en daar word algemeen saamgestem dat die interaksie tussen die mondelinge en die geskrewe tradisies aansienlik was. 'n Bemoeilikende faktor blyk nie slegs die omvang van die interaksie te wees nie, maar ook die reële kenmerke van die nuwe literêre sisteem. Hoewel beïnvloed deur vreemde, hoofsaaklik westerse geskrewe tradisies, is daar ferm aanwysers dat eienskappe en benaderings van die mondelinge sisteem steeds bly voortleef. In hierdie artikel word op die historiese verloop van die kommunikasie tussen die twee sisteme oor 'n periodo van 'n eeu wat in 'n veelvlakkige oorvleuelingsgebied plaasgevind het, gefokus.